
=====================================================================
'Met 'n los lit kom jy nie ver nie' (AV 5:4)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


'Met 'n los lit kom jy nie ver nie'

Jeanne Goosen   spreek ergernis uit oor "Loslitafrikaans".

OM oor Afrikaans te skryf is seker een van die moeilikste versoeke wat ek nog gekry het. Ek dink nie (ongesond?) baie aan die taal nie, 
praat dit, skryf dit, leef dit, en nou ja, wat meer?

Ek steur my nie veel aan die doemprofete nie, di wat bang is Afrikaans verdwyn. Dat dit bedreig word, ontstel my nie. Dit sal nie doodgaan 
nie, dit is eintlik al wat ek weet, en ek wt dit met die sout in my niere.

In 'n meningsopname onder kinders in die Wes-Kaap oor Afrikaans en sy voortbestaan het een matriekleerling geskryf: Afrikaans sal nooit 
uitsterf nie, want dit is die taal van arm mense. Dit som min of meer op hoe ek oor die taal voel, al meen ek nie dit gaan hoofsaaklik om 
arm mense en die taal wat hulle praat nie.

Blind kan ek my egter ook nie hou teen die "bedreiging" nie. Die taal word afgeskaal op televisie, tydskrifte verdwyn. En dan, Afrikaanse 
voorgeskrewe boeke op skole wat vanjaar geheel en al afwesig is, en uitgewers 'n kwaai knou gee.

Nogtans, om 'n Amerikaanse volkslied aan te haal, my geloof is: "We shall overcome." Daar is genoeg infrastrukture: radiostasies, koerante 
en tydskrifte, toekennings soos Pendoring en talle ander, Afrikaanse kultuurfeeste en met 'n bietjie verdere hulp van bo en onder sal ons 
dit maak. Ek weet dit net en benodig nie statistiek nie. Daar is sommige dinge wat 'n mens instinktief weet.

Miskien klink ek onverskillig oor die taal, en soos een op 'n keer vir my gevra het: Het jy dan nie jou taal lief nie? Dit is 'n simpel 
vraag, dit is so goed iemand vra my of ek my niere liefhet.

Maar daar is dinge wat my woedend maak. Ek hou nie van die woord Loslitafrikaans nie, want dit is 'n verskoning om enige gemors te laat 
paas vir Afrikaans. Ek verpes byvoorbeeld die brousel in sommige Afrikaanse televisiereekse. Dit is geforseerd en pretensieus, stupid, 
plein lelik, slordig en dom. Dit is hierdie gemors wat my meer as 'n jaar gelede laat besluit het om Afrikaans onder alle omstandighede 
"reg" te probeer praat.

Ek het niks teen slang of dialekte nie. Trouens, ek ken dit, het in die Kaap grootgeword in 'n tyd toe hy nog baie Engels was. Ek ken die 
land, en die (nood)lot kan my op enige plek in die land uitspoeg en ek sal regkom -- -- in en op Afrikaans. Aan 'n manier van praat kan ek 
presies vasstel of iemand, s van anderkant of van duskant byvoorbeeld Uitenhage kom, of hy 'n Velddriwwer is en of hy 'n Namibir is. 
Afrikaans is baie miljoene van ons se siel se taal, en die tong die hart se galoppende pootjie.

Afrikaanssprekendes lees nou meer, s hulle. Dit is seker verblydend. Baie boeke verskyn, maar ek vind hulle, met die uitsondering van 'n 
paar, gemiddeld. Dit stem my dikwels pessimisties. Ek meen 'n taal se voortbestaan gaan nie (net) oor die kwantiteit nie. Dit kan slegs 
ontwikkel as ons sinvol skryf, redeneer, praat en doen.

Ek mis sinvolheid in Afrikaans. Al lees ek wyd en breed en hoofsaaklik wat in ander lande geskryf word, is daar dikwels die hunkering om 
iets sinvols in Afrikaans te lees. Daarom verheug ek my oor 'n boek soos Gideon Joubert   se Die Groot Gedagte, en Willem de Klerk   se Die 
vreemde God en sy mense ... om dan maar twee te noem.

In die algemeen wil dit my half voorkom dat om Afrikaans "reg" te wil lees, praat en skryf, nou subversief is, want omtrent niemand doen 
dit meer nie. Nou ja, in daardie geval is ek dan trou aan my aard: subversief.

Die slordige gemors wat vandag oral as Afrikaans moet deurgaan, verraai na my mening ook slordige denke. Ek hoop en glo dit sal verbygaan. 
'n Mens kom in elk geval nie ver met 'n los lit nie.

Maar om terug te keer na die begin: Ek dink nie veel oor Afrikaans nie, ek kan min hoogdrawend daaroor kwytraak. Hoekom moet ek? Ek is 
Afrikaans en my doodsgeroggel sal in Afrikaans wees. Dit is biologies. Die Taal is in my gene ... Jeanne Goosen se bekende boeke is Ons is 
nie almal so nie,   o.a. Daantjie Dromer en   'n Gelyke kans. Sy   is ook rubriekskrywer in Vrydag,   die weeklikse tweetalige koerant in 
KwaZulu-Natal.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av543.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Oktober 1998 /// 'n Taalstroom waaruit almal kan drink (AV 5:4) /// 
'Maak Afrikaans 'n inklusiewe Afrika taal' (AV 5:4) /// 'Met 'n los lit kom jy nie ver nie' (AV 5:4) /// ns Afrikaans vir vandag (AV 5:4) 
/// Oor taalruimte en vennootskappe (AV 5:4) /// ONS LESERS SKRYF (AV 5:4) /// Boeklose Renaissance kan nie slaag nie (AV 5:4) /// Jy kan 
s SKS staan vir So Karoo Soos ... (AV 5:4) /// Afrikaans se veilige hawe elders (AV 5:4) /// Lag of huil oor di musiek? (AV 5:4) /// Di 
volksmusikus kom van ver af (AV 5:4) /// Goeie musiek kook al hoe kwaaier (AV 5:4) /// Die bedreiging kom van binne (AV 5:4) /// 
Intellektuele inhoud ontbreek (AV 5:4) /// Afrikaans het biegkamer nodig (AV 5:4) /// Herinneringe aan 'n Wes-Kaapse winter (AV 5:4) /// 
Nederlandistiek kongresse aan die Kaap (AV 5:4) /// Moet Afrikaans en Nederlands se paaie skei? (AV 5:4) /// Jongste ng raap Pendoring se 
'prestige' op (AV 5:4) /// Afrikaanse reklame val van 'n Engelse perd (AV 5:4) /// Die land van braaivleis, sonskyn en Chevrolet (AV 5:4) 
///

